ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Commercial / Industrial ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Developments ERA Real Estate Holiday Rentals ERA Real Estate Rentals ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter
Property frame

Aanduiders draai vir eiendomsmark

Thursday, 17 September 2009
Aanduiders draai vir eiendomsmark


Aanduiders uit verskeie oorde dui daarop dat die ergste afplatting in die eiendomsmark uiteindelik verby mag wees.



“Dit is nog nie tyd om vonkelwyn te skink nie aangesien daar nog ‘n paar faktore is wat die mark negatief kan beïnvloed. Maar sleutelaspekte van die mark lyk nou belowend,” sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.



Hy verwys in die eerste plek na Absa se kommentaar dat hoewel huise in nominale terme na verwagting vir die res van 2009 en moontlik tot vroeg in 2010 kan daal, die pas verstadig.



“Die navorsingsmaatskappy Lightstone neem dit selfs verder en sê dat sy nasionale huisprysaanwyser vir herverkope jaar-op-jaar steeds effens negatief is, maar nogtans sedert Januarie vanjaar maand-tot-maand groei toon. Volgens Lightstone beweeg jaarlikse huisprysinflasie nou effektief sydelings.



“Toegegee, daar is steeds die risiko dat verskeie ander faktore probleme kan veroorsaak en die mark weer kan afdruk.



“Ons is inderdaad aan die genade van die wêreldwye sowel as streek se ekonomiese en ander invloede oorgelewer en daar is steeds ‘n oorvoorsiening van onverkoopte eiendomsvoorraad weens swak vraag en beslagleggings. Kotzé sê voorts dat dit alles eintlik saamhang met verbruikersvertroue en volgens die jongste verslae is daar nog leemtes op dié gebied.



“Nogtans is daar tekens dat die wêreldekonomie stadig van die ressessie herstel hoewel Suid-Afrika volgens die jongste verslae weens verskeie redes sowat drie tot ses maande agter die wêreldsiklus is. Ons het daarin geslaag om die ekonomiese storm beter as die meeste ander lande te trotseer en die afplatting in ons eiendomsmark was nie so erg soos in die res van die wêreld nie.



Hy waarsku dat noudat ons mark weer lewe begin toon wil ons nie ‘n oorreaksie sien nie wat eiendomspryse weer eens binne ‘n kort tydperk die hoogte laat inskiet en wat nog ‘n pynlike afwaartse aanpassing tot gevolg kan hê en weer inflasionêre spekulasie en hoër rentekoerse tot gevolg kan hê.


Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.