ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Spoorlyne kan plattelandse eiendom opkikker

Wednesday, 11 August 2010
Spoorlyne kan plattelandse eiendom opkikker


Die neiging tot ‘semigrasie’ in die eiendomsmark, of die trek van stadsbewoners na landelike gebiede in Suid-Afrika, kan ‘n hupstoot kry danksy planne om talle ongebruikte spoorlyne as deel van Transnet se opknappingsplan weer oop te stel.



Die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep se uitvoerende hoof, Gerhard Kotzé, huldig dié mening na Transnet se aankondiging dat dit sowat 3300km sylyne, wat in onbruik verval het, weer oop te stel.



Dit vorm deel van ‘n beleggingsplan ter waarde van miljarde wat deur Transnet aangekondig is om die land se infrastruktuur op te knap om aan wëreldstandaarde te voldoen.



“Dié spoorlyne was beslis ‘n belangrike stut vir die plaaslike ekonomie in talle plattelandse dorpe. Die feit dat die spoorlyne in onbruik verval het, het waarskynlik ‘n groot impak op dié dorpe gehad, gekoppel aan die ontwikkeling van die land se groot tussenstedelike padvervoerstelsel, wat bykans sonder uitsondering verby dorpe gelei het wat voorheen op hoofroetes geleë was.



“Ironies genoeg is die feit dat hoofweë verby kleiner dorpe vloei nou ‘n voordeel deurdat dit ‘n nuwe vlaag eiendomskopers lok wat aan die misdaad en verval van die stadslewe wil ontsnap, maar tipies ‘n vanggebied en vervoergeriewe benodig om klein sake-ondernemings te vestig.



“En dit is waar die heroopstelling van sylyne ‘n rol kan speel deurdat dit ooglopend nuwe vraag na goedere en dienste kan aanmoedig, terwyl dit ‘n ander vervoerkeuse gaan bied vir landbou ondernemings, wat nou verplig is om van padvervoer gebruik te maak om oeste en voorraad te vervoer.”



Kotzé sê dat baie landelike dorpe alreeds goed gedoen het in die aanlok van afgetredenes en ‘n groeiende aantal toeriste en vakansie gangers, maar dat hulle klein ekonomie hulle potensiaal om nuwe permanente inwoners te lok beperk het.



‘Wat nodig is, is ‘n meer breë spektrum herlewing van die platteland deur meer ekonomiese werksaamhede, wat sal kom met die verbetering van die vervoerstelsels soos die opknapping van die spoornetwerk”



Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.