ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Eiendom: geen gevaar van sokkerbabbelaas

Wednesday, 07 July 2010
Eiendom: geen gevaar van sokkerbabbelaas


Kanse is skraal dat die plaaslike eiendomsmark enige nadelige nagevolge van die Sokkerwęreldbeker gaan oorhou, sę Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.



Hy glo die dryfveer vir die algemene herstel van die mark is steeds in plek en dat dit realisties gesproke min aan die sokkertoernooi te danke het.



“Die eiendomsmark het ooglopend onregstreeks baat gevind danksy besteding aan infrastruktuur en ander belegging die afgelope ses jaar maar regstreekse voordele wat deur sommige kommentators voorgehou word gaan na my mening nie verwesentlik word nie,” sę hy.



“Invloedryke mense wat die sokkerskouspel bywoon mag inderdaad plaaslike eiendom koop danksy die uitstekende waarde van eiendom in terme van die rand se wisselkoers. Maar dit sal waarskynlik beperk word tot luukse woongebiede soos Kaapstad en sal min, indien enige, invloed op laer prysklasse uitoefen.



“Die plaaslike mark toon inderwaarheid steeds groeikrag in eie reg en weerspieël die wesensgesondheid van die SA ekonomie eerder as buite-invloed soos die Węreldbeker.”



Kotzé sę dié siening word ondersteun deur die jongste mediaan huispryse van R579 000 wat verlede maand deur Standard Bank verskaf is teenoor die vlak van R500 000 wat in Mei verlede jaar aangeteken is. Eerste Nasionale Bank het ook aangekondig dat sy huisprysindeks nou bykans 12% hoër as ‘n jaar gelede is.



Rentekoerse is egter die onvoorspelbare faktor, sę Kotzé. “Koerse het tussen 2008 en 2010 met 5,5% gedaal en ons mag ‘n verdere daling van 0,5% sien wanneer die monetęre beleidskomitee later hierdie maand vergader.



“As dit wel die geval is sal verbandkoerse tot ‘n historiese laagtepunt daal, wat die markherstel sal aanwakker hoewel daar steeds ‘n mate van oorvoorsiening in sekere prysklasse is en verbruikersvertroue delikaat op ‘n mespunt balanseer.”





Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.