 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Roeping op Mboweni om braaf te wees
Tuesday, 26 May 2009
Roeping op Mboweni om braaf te wees
Die goewerneur van die Reserwebank Tito Mboweni behoort die bul by die horings te pak en rentekoerse met ‘n verdere 3% of meer te verlaag om die residensiële eiendomsmark ‘n hupstoot te gee.
Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sê net dapper optrede sal die skade wat die wêreldwye kredietkrisis en klaarblyklike oorreaksie in die banksektor aan die eiendomsmark aangerig het, herstel.
“Daar is tekens dat die eiendomsmark in die Verenigde Koninkryk ‘n opflikkering beleef. Mediaberigte uit dié deel van die wêreld toon toenemende koopaktiwiteit en bestendiger huispryse. Die Britse ekonomie is moontlik in ‘n baie swakker toestand as die plaaslike ekonomie maar die uiters lae rentekoerse werk tot voordeel van die Britse eiendomsmark.
“Dit is duidelik dat ons in Suid-Afrika dieselfde beleid moet toepas, nie net ter wille van die eiendomsmark nie, maar ook vir die ekonomie in die geheel. Toegegee, rentekoerse het sedert Desember verlede jaar gedaal maar terselfdertyd sit mnr Moboweni op die draad en waarsku Suid-Afrikaners om nie deurlopende verlagings in rentekoerse te verwag nie.
“Dit is ‘n baie groot fout wat die land duur te staan kom deurdat die eiendomsektor ‘n reuse aandeel tot die land se bruto binnelandse produk bydra. Verskeie kommentare voorspel ‘n effense herstel in die eiendomsmark in die laaste helfte van 2009 maar my siening is dat ‘n vinnige hupstoot nodig is as ons ‘n verskil wil sien en dat die goewerneur die moed moet hê om die nodige stappe vroeër eerder as later te doen.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|