ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Misdaad nou kleiner probleem vir huiskopers

Tuesday, 24 August 2010
Misdaad nou kleiner probleem vir huiskopers


Dit blyk dat misdaad en besorgheid oor veiligheid nou ‘n kleiner rol speel in huiskoop besluite as in vorige jare.



Inteendeel , sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, bekostigbaarheid is die belangrikste kwessie, met ekonomiese oorwegings soos kragpryse, vervoerkoste en erfbelasting wat navore kom.



‘Misdaad is weliswaar steeds ‘n oorweging en daar is altyd sekere gebiede wat kopers beskou as geen toegang sones ongeag hoeveel veiligheidsmaatreëls ‘n bepaalde eiendom in plek het.

Maar ons agente berig dat dit nou ‘n ondergeskikte rol speel wanneer kopers eiendom oorweeg.



‘Nietemin berig ons agente dat in meeste gevalle, misdaad laer afgeskuif het

op die prioriteitslys wanneer dit kom by kopers se besluit in guns van ‘n eiendomstransaksie. Die klem het verskuif van die voorkoms van misdaad in ‘n bepaalde gebied na die veiligheidsmaatreëls wat by ‘n bepaalde eiendom getref is.



“Dit is asof Suid-Afrikaners misdaad nou as ‘n alledaagse deel van die lewe beskou en dat hulle genoegsame maatreëls op die perseel self en in die omgewing verwag. Hulle let slegs werklik op as daar werklik geen veiligheidsvoorsiening is nie.”



Intussen, sê Kotzé, is dit iteressant dat misdaad tydens die Sokkerwêreldbeker afgeneem het in stryd met talle kommentators wat voorspel het dat die toernooi misdadigers van alle soorte sou lok.



“Mediaberigte dui egter daarop dat misdaadvoorvalle landwyd tydens die toernooi afgeneem het en dat dit inderwaarheid die laagste in enige Wêreldbekertoernooi tot dusver was met slegs 447 inhegtenisnemings gesien teen die 5,7-miljoen sokkergeesdriftiges wat die 64 wedstryde by stadions of op groot skerms gesien het.



“Die sleutel in dié opsig is dat daar 44 000 bykomende polisielede vir die toernooi gewerf is en dat die meeste rondom stadions en by die sogenaamde ‘fan parks’ ontplooi is. Dit bewys dat misdaad beheerbaar is as daar genoegsame hulpbronne en behoorlike beplanning is, en laat ‘n mens dink oor die positiewe uitwerking wat dit kan hê op die ekonomie in die algemeen en die eiendomsmark in besonder as hierdie verbintenis tot behoorlike polisiëring volgehou kan word.”







Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.