 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Huurmark belowend vir 2010
Monday, 08 February 2010
Huurmark belowend vir 2010
Opbrengste uit beleggingseiendom wat verhuur word gaan na verwagting bestendig bly in 2010, sê ‘n vooraanstaande markkommentator.
Benewens die buitengewone verhuurings vir die Wêreldbeker en met die klem op wat hy as die ‘konvensionele mark’ beskou, sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, dat die faktore wat vraag in 2009 aangewakker het ook in die nuwe jaar gaan geld.
“Mense wat ‘n bietjie langer tyd nodig het om vir ‘n huisdeposito te spaar, mense wat in die proses is om byvoorbeeld weens ‘n verplasing te emigreer, mense wat ‘n nuwe leefstyl aanpak en mense wat weens gesinsverpligtinge op- of afgradeer skep tipies vraag na huureiendom.
“Huisbase wat huurgeld vir die nuwe jaar wil bepaal moet egter in gedagte hou dat mededinging in die huurdmark toeneem weens die geleidelike verbetering in ekonomiese toestande wat toenemende getalle huurders in staat stel om hulle eie eiendom te koop.
“Faktore wat in ag geneem moet word sluit in die aard van die eiendom – ruimte, gebied en gehalte (byvoorbeeld of dit op sakemanne of die gemiddelde mark gerig is) en of dit ‘n meenthuis, troshuis of losstaande woning is aangesien dié faktore ‘n rol speel in die vraag in die mark.”
In die algemeen haal trosbehuising en deeltiteleenhede effens hoër huurgeld danksy groter sekuriteit en die gerief van toesluit-en-ry, sê hy.
Prysvasstelling vir huureenhede is soortgelyk aan prysvasstelling vir verkope deurdat vergelykings met ander beskikbare eenhede gemaak moet word. Hy sê ‘n algemene riglyn is dat huurgeld sowat 1% van die waarde van die huis moet wees. ‘n Huis ter waarde van R1m behoort dus teen sowat R10 000 per maande verhuur te word.
“Die mark het in ‘n stadium effens sydelings beweeg en dié persentasie het gedaal, maar dit is nou weer om en by die 1%-vlak. Dit is egter altyd raadsaam om professionele advies in te win voordat huurgeld bepaal word.
“Ander faktore wat ‘n rol speel is vraag en aanbod in ‘n bepaalde gebied. As ‘n eiendom byvoorbeeld binne maklike bereik van geriewe is, sal dit vinniger en teen ‘n hoër bedrag verhuur word as ‘n verafgeleë eiendom – en dit is net een rede waarom beleggers huureiendom met omsigtigheid moet koop.
“Beleggers moet dit ook in gedagte hou dat toenames in huurgeld van plek tot plek wissel. Pretoria toon byvoorbeeld volgens die jongste indeks van die Trafalgar-groep baie goeie jaar-op-jaar toenames van 21,5% terwyl Kaapstad en Oos-Londen toenames van onderskeidelik 9% en 9,5% toon.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|