ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Politieke stabiliteit goed vir eiendomsmark

Monday, 08 June 2009
Politieke stabiliteit goed vir eiendomsmark


Die onlangse verkiesing het ‘n stabiele politieke klimaat geskep wat as grondslag gaan dien vir die herstel van die eiendomsmark.



“Markte - insluitende die eiendomsmark - hou nie van onsekerheid nie en as ‘n mens dit pragmaties beskou is die herverkiesing van die regering ‘n positiewe verwikkeling,” sę Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van ERA Suid-Afrika,





“Die beste aanduider in dié verband is straks die waarde van die Rand wat na afloop van die verkiesing toegeneem het. Geldeenhede verskaf altyd ‘n barometer van opinie oor die vooruitsdigte van ‘n land en beleggers beskou Suid-Afrika duidelik as ‘n land met ‘n stabiele sake-omgewing wat ondanks die impak van die węreldwye verstadiging verbasend goed gevaar het.



“Dit wil nie sę ons land staan nie voor reuse probleme nie. Voorspellings wil dit hę dat werkloosheid amptelike vlakke van 25% gaan oorskrei, uitvoere het verslap, en die Produsenteprysindeks (PPI) het onder meer ‘n knou gekry.



“Daar is egter voorspellings dat die ekonomie aan die einde van die jaar tekens van nuwe lewe behoort te toon en dat die eiendomsmark terselfdertyd ook ‘n oplewing behoort te toon.



“Wat wel positief is, is dat Suid-Afrika se aanbieding van internasionale sporttoernooie, soos die Indiese Prima Liga krieket, die Konfederasiebeker, en die Sokkerwęreldbeker volgende jaar, beter vertroue in Suid-Afrika as in die meeste ander lande bewerkstellig het.



“Gekoppel aan die sowat R800-miljard infrastruktuurprogram wat in die vorige Begroting deur die regering aangekondig is en die eerste aanduidings van ‘n herstel in die vraag na kommoditeite, wil dit lyk asof die ekonomie later vanjaar geleidelik gaan verbeter.



“Soos enige sikliese mark is dit moeilik om te verklaar dat die mark sy draaipunt bereik het maar die jongste ABSA huisprysindeks gee tog ‘n aanduiding in dié verband en wys daarop dat wesens (na inflasie) eiendomspryse jaar-op-jaar in April met sowat 10% in alle klasse gedaal het.



“Op die oomblik gaan dit egter meer oor vertroue – verbruikers het voordeel getrek uit die verlagings in rentekoerse maar daar is steeds ‘n huiwering om tot langtermynbeleggings soos eiendom toe te tree.



Back To The News Archives
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.