 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Eiendomsbedryf slaan nuwe blaadjie om
Monday, 02 November 2009
Eiendomsbedryf slaan nuwe blaadjie om
Die skommelings in die eiendomsmark is byna verby en die bedryf het ‘n omwenteling ondergaan deurdat net die sterkste eiendomsagente oorleef het – maar die weg is nou gebaan vir ‘n heroplewing in die bedryf.
En, sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, die verandering gaan meer skeppende en innoverende dienslewering en meer professionalisme meebring, wat groeie nuus vir kopers sowel as verkopers is.
“Ek verwag om talle nuwe sakemodelle en produkte sowel as gesonde medediging tussen die top agente wat oorgebly het te sien. En aangesien daar min buigsaamheid in finansiering is, kan ons ‘n terugkeer na die intrinsieke waarde van transaksies verwag, naamlik waarde vir geld wat die eiendom sowel as die diens betref.
“Vlakke van professionalisme gaan verbeter en veranderde markbeginsels gaan verseker dat daar nie weghol inflasie gaan wees nie in ‘n markomgewing wat baie gaan verskil van toestande wat tot die middel van 2007 geheers het.”
Hy sê die marksituasie is alreeds tot ‘n mate verlig deur laer rentekoerse wat die koste verbonde aan die betaling van skuld verlig het, alhoewel daar net n’ skrale kans is van verdere verlagings.
“En terwyl die vlak van verbande wat toegestaan word steeds laag bly, dit sal na verwagting styg wanneer die ekonomie begin kop optel. Absa se mees onlangse syfers onderskryf die moontlikheid van ‘n geringe herstel, met voorspellings dat huispryse in 2009 as geheel met 3% gaan daal.
“Die somer seisoen het terselfdertyd ‘n nuwe gees van vertroue in die eiendomsmark laat posvat en ons agente berig ‘n merkbare styging in belangstelling sowel as geslaagde transaksies, met sekuriteitsontwikkelings steeds in die grootste aanvraag.
“Die slotsom is dat ons ‘n nuwe siklus betree met minder spekulasie en meer gesonde groei – en ‘n mark met minder agente, maar wie se professionele diens in groot aanvraag gaan wees.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|