ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Commercial / Industrial ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Developments ERA Real Estate Holiday Rentals ERA Real Estate Rentals ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter
Property frame

2010 rooskleuriger vir eiendom

Thursday, 07 January 2010
2010 rooskleuriger vir eiendom


Met die nuwe jaar voor die deur lyk die beleggingspotensiaal van eiendom beslis rooskleuriger.



Dit is die mening van Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep. Hy sê die mark het beslis sy draaipunt bereik en hoewel ‘n mens in die volgende 18 tot 24 maande geen vuurwerke kan verwag nie, is die fundamentele elemente in plek vir ‘n terugkeer na volhoubare groei.



Hy verwys na tekens van ‘n algemene ekonomiese herstel deurdat die eerste positiewe groei (0,9%) in Bruto Binnelandse Produk (BNP), sedert die wêreldwye ekonomiese insakking, in die derde kwartaal van 2009 aangeteken is.



Boonop het die Reserwebank se leidende aanwyser in Oktober met 4,2 punte tot 116,6 gestyg na die styging van 2,6 punte in September. Dié aanwyser is 'n samestelling van verskeie metings, insluitende die aantal ure gewerk in vervaardiging, nuwe bouplanne wat goedgekeur is, voertuie verkoop, en pryse van aandele en kommoditeite en word deur ekonome as 'n betroubare aanduider beskou van hoe die ekonomie oor ses tot nege maande daar gaan uitsien.



“Danksy dié verwikkelings voorspel ekonome dat nominale huispryse (pryse voor inflasie) in 2010 met 10,8% behoort te styg, gevolg deur 12,1% in 2011 en 12,7% in 2012.



“In die loop van die volgende drie tot vier jaar behoort huispryse in nominale terme dus met 30% of meer te styg. Dit is nie naastenby so hoog soos die jaarlikse stygings gedurende die jongste oplewing in die eiendomsmark nie, maar dit is ‘n aanduiding van ‘n gesonder en meer volhoubare mark.



Kotzé sê die mark toon reeds tekens van groter vertroue en daar is stygende vraag in alle prysklasse. Daar is egter steeds probleme ten opsigte van beskikbare bankfinansiering asook vroeë aanduidings dat verkopers te gretig is om buitensporige pryse te vra, maar met die regte professionele insette kan dié kwessies bygelê word.



“Beleggers begin weer ‘n verskyning maak, dikwels met kontant in die hand, en die beskikbare voorraad word stadig maar seker opgeneem. Dit berei die weg vir meer ontwikkelaars om die mark te betree, hoewel mededingendheid met bestaande eiendom deur ongeoorloofde stygings in die prys van boumateriaal gekniehalter kan word.



“Sekere spesifieke geografiese gebiede, sowel as tipes eiendom, sal in die komende jaar beter as ander vaar. Kopers word dus aangeraai om hulle huiswerk deeglik te doen en alle aankope behoort as medium tot langtermyn beleggings (vyf jaar of langer) beskou te word.”



Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.