ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Lydenburg verwelkom eerste veiligheidsontwikkeling

Friday, 24 April 2009
Lydenburg verwelkom eerste veiligheidsontwikkeling


Lydenburg is oënskynlik onaangeraak deur die insinking in die eiendomsmark in ander dele van die land en die dorp se eerste veiligheidsontwikkeling is met ope arms verwelkom.



ERA Lydenburg, wat ‘n bemarkingsmandaat vir die ontwikkeling bekend as The Heads sowat 1km suid van die middedorp hou, sê bykans 60% van die 500 erwe is reeds verkoop en dat 40% van dié erwe reeds deur eienaars/bewoners ontwikkel is.



Al die woonstelle waaruit die tweede komponent van die ontwikkeling bestaan, is deur mynbelange vir kontrakwerkers bekom en alle siviele werk en dienste is reeds afgehandel.



Die ontwikkeling se aantrekkingskrag is die nabyheid van die belangrikste geriewe, ‘n aangename atmosfeer danksy groen areas en ‘n rivier wat deur die perseel vloei, en ‘n nabygeleë wildspark waartoe inwoners toegang het, sê ERA Lydeburg-agent Madeleine Viljoen.



‘n Geriefswinkelsentrum met bekende handelsname as ankerhuurders word boonop op die drumpel van The Heads ontwikkel en ander nuwe woonontwikkelings in die onmiddelike omgewing is in aanbou, wat die veerkrag van die mark onderstreep.



The Heads se sukses behoort gesien te word in die konteks van dié algemene groei, sê Viljoen. “In teenstelling met talle ander Suid-Afrikaanse eiendomsmarkte bly vraag in alle eiendomsklasse gesond, en ondanks effense verlagings onlangs het eiendomswaardes oor die laaste drie jaar uitstekende groei getoon, gestut deur die talle nuwe ontwikkelings wat plaasgevind het.”



Vraag kom uit wye oorde maar ‘n groot bron is werknemers by myne en diens- en vervaardigingsbedrywe wat danksy ‘n uitbreiding van mynwerksaamhede onstaan het. Infrastruktuur soos paaie, nuwe winkelsentrums, skole en handelsentrums is ook die afgelope paar jaar ontwikkel.



Viljoen sê dat ontwikkeling in die mynbousektor in die streek groei in die mark stut ondanks die wêreldwye afplatting in die vraag na kommoditeite. “Benewens volgehoue uitbreiding in mynbouwerksaamhede, hou deurlopende groei in die landbou – wat ‘n goeie reenseisoen gehad het – en ‘n toename in toerisme na Mpumalanga goeie vooruitsigte in vir die eiendomsmark in Lydenburg sowel as die naasliggende dorpe Burgersfort, Steelpoot en Orhrigstad.”





Back To The News Archives
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.