 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Eiendom 2010: Bekostigbaarheid sleutel
Tuesday, 01 December 2009
Eiendom 2010: Bekostigbaarheid sleutel
Bekostigbaarheid is noodsaaklik om die vroeë momentum van die herstel in die eiendomsmark te behou en hoe langer rentkoerse op die heersende vlak gehou kan word, hoe beter.
Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sê die mark tel beslis stoom op maar ‘n volle herstel sal nie moontlik wees voordat ‘n paar faktore in plek val nie.
“Die sleutel is waarskynlik die prys van eiendom in verhouding met besteebare inkomste, met ander woorde die ‘bekostigbaarheisdfaktor’. Faktore wat hier ‘n rol speel is werkloosheidsyfers, huishoudelike skuld, eiendomspryse en natuurlik rentekoerse.
“Inflasie speel ook ‘n rol en hoewel die goeie nuus is dat dit nader beweeg aan die Reserwebank se teiken van tussen 3% en 6%, is daar ‘n hele paar faktore wat die langtermyn bekamping van inflasie teenwerk soos Eskom se verwagte prysverhogings, salarisverhogings vir volgende jaar en die begrotingstekort in die Tesourie wat sal gefinansier word deur te leen.
“Aan die ander kant bevoordeel banke se vryer toekenning van lenings beslis die eiendomsmark en daar is boonop meer optimisme in die mark soos blyk uit goeie bywoning van skoudae en veral deur die aantal transaksies wat beklink word – iets waarvan ons groep kan getuig.
In kort, sê Kotzé, is groot sorg nou nodig sodat die balans tussen positiewe en negatiewe faktore nie versteur word en so die mark weerhou van ‘n volkome herstel nie. Die beste hulp vir die herstel van die mark is vir rentekoerse om ten minste stabiel te bly.
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|