 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
NERSA kommentaar: Tyd om rentekoerse op huis lenings vas te pen
Thursday, 25 February 2010
NERSA kommentaar: Tyd om rentekoerse op huis lenings vas te pen
Die Nasionale Energiereguleerder se aankondiging dat ‘n 24,8% styging in die prys van elektrisiteit aan Eskom toegestaan is, gaan hoër koerse vir huislenings oor die mediumtermyn meebring en huiseienaars behoort alles in hulle vermoë te doen om die impak daarvan te verlig, sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.
“Die verhoging sal inflasie ongetwyfeld aanwakker. Die sogenaamde ‘sagte’ rentekoerssiklus is klaarblyklik nou verby en bestaande huiseienaars moet hulle geldsake in oënskou neem en die ooreenkomstig beplan,” sê hy.
“Ek stem ook saam met ENB-ekonoom John Loos dat huis kopers hoër rentekoerse in berekening moet bring en vir hoër kostes vir water en ander dienste moet begroot aangesien ander verskaffers waarskynlik in Eskom se voetspore gaan volg en stygings gaan vra om instandhouding en verskaffing van infrastruktuur te befonds.
“Een opsie vir bestaande eienaars wat ‘n goeie verhouding met hulle finansiers het, is om hulle huislenings se rentekoers vas te pen. Die koers is tipies hoër as die heersende rentekoers deurdat die verbandhouer ‘n premie betaal vir die gerief dat hy presies weet wat sy koste vir die vasgestelde tydperk gaan wees.
“Huiseienaars wat dié uitweg volg – as hulle banke dit toestaan – sal dus die bitter medisyne van stygings dadelik sluk. Die moontlike voordele volg later wanneer rentekoerse styg en moontlik die vasgestelde koers verbysteek.”
Die basiese boodskap, sê Kotzé, is egter dat die dae van relatief goedkoop energie vir huiseienaars vir goed verby is. Die gevolge sal waarskynlik op verskeie ander maniere ook manifesteer, insluitende stygende vraag na goedkoper eiendom, selfs sterker vraag na kleiner wooneenhede, voorsiening vir energiebesparende maatreëls in nuwe woonontwikkelings, en die aanbring van energiebesparende toestelle in bestaande huise.”
“Dit is ook jammer dat duidelikheid oor Eskom se beleid rakende elektrisiteitsvoorsiening vir nuwe woonontwikkelings nie terselfdertyd bekend gemaak is nie. Dié kwessie het dringend aandag nodig gesien in die lig van die lang aanloop van sulke ontwikkelings en die onsekerheid oor beskikbaarheid van elektriese dienste vir nuwe ontwikkelings.
“Talle woonontwikkelings is teruggehou of gekanseleer weens onserkeid oor dié kwessie en terwyl dit in die klimaat van laer verbruikersvraag nie tot ‘n krisis gelei het nie, kan die prentjie drasties verander namate die mark steeds verbeter en selfs na ‘n tekort aan voorraad lei.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|