ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Tolpaaie gaan eiendomsmarkte raak

Monday, 26 October 2009
Tolpaaie gaan eiendomsmarkte raak


Die tolhek op die N1-snelweg tussen Pretoria en Johannesburg gaan eiendomswaardes en die prioritisering van groeipunte raak.



“Dit is ‘n saak wat alle belanghebbendes in aanmerking sal moet neem,” sę Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.



Die program vorm deel van ‘n nasionale inwerkingstelling van nuwe tolhekke op talle bestaande en beplande roetes wat die land deurkruis.



Ander noemenswaardige roetes in die tolpadprogram sluit in die Kaapstadse singelpad, die R300 tussen die Hexrivier en Botrivier, die N2 tussen George en Port Elizabeth, die N2 langs die Wilde Kus tussen oos-Londen en Isipingo, die John Ross-snelweg tussen Empangeni en Richardsbaai en die N4-snelweg vanaf Mosambiek na Botswana.



Weens bevolkingsdigtheid sal die eiendomsmark op die Johannesburg-Pretoria roete waarskynlik die meeste geraak word. Die roete vloei deur een van die hoogste konsentrasies woon- en nywerheidsgebiede in die land.



“Gauteng se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk is sowat 33% en die provinsie het die digste bevolking, insluitende die grootste persentasie nuwe ekonomies-aktiewe Suid-Afrikaners,” sę Kotzé.



“Die streek is verantwoordelik vir 40% van die land se vervaardiging en finansiële dienste, dit het voordeel behaal uit vinnige migrasie na ‘n beperkte area en dit huisves 53% van die land se welgestelde huishoudings. Die volume verkeer op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg (die Ben Schoeman-snelweg) is ook een van die hoogstes in Afrika.



“Internasionale ervaring toon dat pendelpatrone deur tolpaaie beďnvloed word en dit sal ook op dié roete gebeur.



“Die mate waartoe pendelpatrone gaan verander gaan berus op die toeganklikheid van werkplekke en algemene infrastruktuur en hoe dit die koste op ‘n roete waar tolgeld voorheen nie van toepassing was nie gaan raak. Sekere areas gaan bevoordeel en ander benadeel word.”



Die Gautrein, wat – soos ons reeds ervaar - kooppatrone van eiendom beďnvloed, gaan sake verder vertroebel, sę hy. Die nuwe busstelsel in Johannesburg, die Rea Vaya, gaan ook ‘n groter rol speel namate die netwerk uitgebrei word.



“Dit is dus belangrik dat alle belanghebbendes die dinamika verstaan – en dit geld vir ontwikkelaars, huiseienaars, sowel as korporatiewe liggame – en daar is lesse wat ons uit die buitelandse voorbeeld kan leer. Dit geld veral ten opsigte van die Britse ervaring waar ‘n parkeer-en-ry kultuur en benutting van openbare vervoer reeds lank gevestig is.”



Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.