ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Oplewing in mark vir plase

Thursday, 18 June 2009
Oplewing in mark vir plase


In teenstelling met baie sektore van die eiendomsmark is daar ‘n oplewing in die verkope van “leefstylplase”.



Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van ERA Suid-Afrika, sê dis te danke aan ‘n voordelige samevloei van omstandighede, insluitende kopers se begeerte om aan ‘n toenemend problematiese vorrstedelike lewe te ontsnap, gesteun deur ‘n ontwortelde plaasgemeenskap met kontant in die hand danksy uitbetalings van grondeise.



Nog ‘n element – in ‘n mindere mate – is buitelandse kopers wat ‘n leefwyse verlang wat ooreenstem met die leefwyse in prima landbougebiede in Europa en elders, maar teen ‘n breukdeel van die koste.



“’n Rustige leefstyl, die geleentheid om wins uit ‘n kontantgewas of ander onderneming te maak, en die waarde van so ‘n belegging teenoor, sê maar, ‘n vakansiehuis aan die Oos-Kaapse kus of ‘n kleinhoewe in Province in die suide van Frankryk is ‘n gedugte kombinasie wat Suid-Afrikaanse leefplase al hoe meer aantreklik laat lyk,” sê hy.



Die tendens word landwyd ervaar maar gebiede waar die ERA groep veral belangstelling opmerk, sluit in plekke soos Upington, Paarl en Thabazimbi.



In die Upington-gebied in die Karoo is die groot stimulus uitbetalings weens grondeise in die naburige Noordwes Provinsie, wat talle ontheemde boere met kontant in die hand gelaat het.



Dirk Myburgh van ERA Upington sê grondpryse in die gebied het die afgelope twee jaar (tot einde 2008) met soveel as 100% gestyg. Pryse het nou begin stabiliseer en vraag is steeds sterk, hoewel verkopers glad nie oorhaastig is om te verkoop nie.



“Dis skaapwêreld dié maar ‘n bykomende faktor is die verskyning van kopers wat kleinhoewes met produktiewe grond onder wingerd of kontantgewasse teen R10 000/ha koop.”



Hennie Gersbach van ERA Gersbach Paarl berig dat ‘n soortgelyke tendens in die gebied besig is om pos te vat. Hy sê daar is talle navrae maar dat verkopers traag is om te verkoop terwyl kopers verwag om winskopies raak te loop. Transaksies vind wel plaas in die gebied - waar daar met wyn, tafeldruiwe, koring en skape geboer word en waar grondwaardes om en by R20 000/ha is.



In die Thabazimbi-distrik sê ERA Thabazimbi/Bosveld se Herman Barnard dat daar nie soveel grondeise as in naburige gebiede was nie en dat vraag goed is. Pryse wissel tussen R6000 en R9000/ha vir grond wat geskik is vir wilds- of veeplase.



Residensiële eko-landgoedere word vinnig ontwikkel en daar is talle wildsplase wat safaris en jaggeleenthede aan plaaslike en internasionale jagters bied – en dit stut die vraag na plase.


Back To The News Archives
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.