ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Commercial / Industrial ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Developments ERA Real Estate Holiday Rentals ERA Real Estate Rentals ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter
Property frame

Eiendomsmark in alle groot stede verbeter

Tuesday, 12 January 2010
Eiendomsmark in alle groot stede verbeter


Alle groot stede in Suid-Aftika toon tekens van herstel in die eiendomsmark en ‘n verbetering in kleiner sentra kan later verwag word.



Dit is die mening van Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, gegrond op terugvoering van die groep se kantore reg deur die land.



Sekere metro’s vaar beter as ander maar daar is ‘n deurlopende patroon wat goeie hoop vir die mark in die algemeen inhou, sê hy.



Johannesburg, die Kaapse metro, Tshwane, eThekwini en Mandela-baai het almal ooreenstemmende patrone in die derde kwartaal van 2009 bemerk. Die gemeenskaplike deler was stygende vraag na wooneiendom, groeiende vertroue en groter realisme oor prys onder verkopers.



“Die redes vir dié rooskleurige prentjie is nie te moeilik om te bepaal nie – die positiewe uitwerking van die daling van vyf persentasiepunte in rentekoerse sedert Desember 2008 word toenemend sigbaar en word weerspieël in toenemende eiendomstransaksies en meer gunstige lenings deur banke.”



Die ERA-groep se ervaring stem ooreen met ENB se eiendomsbarometer in die derde kwartaal van laas jaar, wat gegrond word op ‘n opname van eiendomsagente se menings in verskeie streke.



Kotzé sê ‘n ontleding van die streke toon dat aktiwiteit in Johannesburg effens laer is as in die drie groot kusstreke in die peiling – KZN die Oos-Kaap en Wes-Kaap, terwyl Tshwane ook effens sterker as die naburige Johannesburg vertoon.



“Maar in vergelyking met die swakker mark sedert die aanvang van die wêreldwye ekonomiese insakking is die vooruitsigte beslis baie rooskleuriger.”



Ander elemente wat op ‘n verbetering dui, sê Kotzé, sluit in ‘n afname in die persentasie eiendom wat teen minder as die verwagte prys verkoop is sowel as ‘n daling in die gemiddelde tydperk wat dit neem om eiendom te verkoop tot 3,5 maande in eThekwini, 5,5 maande in Tshwane en maande in Johannesburg, Mandela-baai en die Kaapse metro.



“Nog ‘n interessante aspek in die opname is dat die aantal mense wat verkoop om te emigreer in alle klasse beduidend gedaal het en hoewel dit moeilik is om dié bevinding te interpreteer, is dit waarskynlik te wyte daaraan dat die wêreldwye resessie emigrasie onderdruk.



“Dit dui egter ook op ‘n positiewe invloed in die mark in die algemeen, veral in die lig van anekdotiese getuienis dat toenemende getalle opgeleide Suid-Afrikaners na die land terugkeer.”


Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.