 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Vooruitsigte vir kuseiendom “redelik” oor feestyd
Tuesday, 08 December 2009
Vooruitsigte vir kuseiendom “redelik” oor feestyd
Die mark vir kuseiendom is reeds geruime tyd onder druk - maar daar is aanduidings dat die laagtepunt bereik is en met die Kersseisoen op hande verwag die ERA eiendomsgroep se kantore in kusstreke “redelike tot goeie” verkope.
“Vraag na kuseiendom word gewoonlik ondersteun deur aankope van vakansiebehuising of aftree-eiendom en is onderhewig aan sikliese tendense wat deur ekonomiese toestande bepaal word – maar opgehoopte vraag kan nou ‘n rol begin speel,” sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.
‘n Informele opname onder ERA se kantore in kusstreke onderskryf Kotzé se mening. Marlize van Rooyen van ERA Carit in die rustige hawe- en diamantdorpie Port Nolloth sê die feestydperk lok altyd nuwe kopers.
“Kopers uit binnelandse streke van so ver as Pretoria, Thabazimbi en Kuruman besoek tradisioneel ons gebied dié tyd van die jaar en dit lei dikwels na eiendomstransaksies,” sê sy.
Daar is geen deeltitelhuise in die gebied beskikbaar nie, wat moontlikhede vir ontwikkelaars inhou, sê sy, maar daar was onlangs wel beduidende nuwe ontwikkeling in die luukse “Kai Kai” gemengde skema wat nou ten volle goedgekeur is en fluks verkoop, met pryse van grond/eiendom-pakkette vanaf sowat R5m.Eenhede in bekostigbare McDougalsbaai, sowat vier km vanaf Port Nolloth, is ook in aanvraag. Pragtige strande en ‘n rustige atmosfeer is die dorp se grootste bates.
Verder oos by die immergewilde Hermanus het ‘n platter eiendomsmark daartoe gelei dat ernstige verkopers hulle pryse met sowat 10 tot 15% laat sak het, sê Beverley Newenham van ERA Carit Hermanus. Die pryssegment tussen R1,2m en R1,3m is op die oomblik die lewendisgte en eiendomme wat aan die strand grens is in die grootste aanvraag. Daar is ‘n mate van nuwe ontwikkeling en gerugte oor ‘n nuwe aftreedorpie wat beplan word.
Sedgefield se mark vertoon ook stewiger, sê ERA National se Henning Swanepoel. “Die inbedryfstelling van ‘n waterontsoutingsaanleg by die dorp gaan na verwagting die vraag na plaaslike eiendom aanwakker. Pryse van eiendom hier toon reeds geruime tyd min tekens van groei,” sê hy.
By Jeffreysbaai toon die mark tekens van lewe terwyl goedkeuring van lenings deur banke aansienlik verbeter het. Lindy Cooper van die plaaslike ERA kantoor sê die mark in die prysklas tussen R1,2m en R1,5m toon die meeste lewe.
“Ons geniet ‘n rustige atmosfeer en is by uitstek ‘n vakansie- en aftreedorp met ‘n wye verskeidenheid huise en pryse beskikbaar. Vooruitsigte vir die Kersseisoen lyk belowend.”
In KZN, sê Carol Pienaar van ERA Unique Amanzimtoti, soek slim beleggers nou na winskopies en baie bied kontant aan teen die agtergrond van ‘n stadiger mark weens stygings in brandstofpryse en die bepalings van die Nasionale Kredietwet.
Mtunzini aan KZN se Noordkus word as die provinsie se bes-bewaarde geheim beskou. Verkope en pryse is bestendig en die mark toon nuwe tekens van lewe, sê Sonia Baumann van ERA Mtunzini. Daar is verbasend baie kopers uit die buiteland
Die River Estate, ‘n beheerde argitektoniese ontwikkeling, vaar goed. Nuwe vrypag-, deeltitel- en aftreeprojekte word nou aangepak. Ons verwag ‘n redelike feestydperk,” sê sy
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|