 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Beleggers keer terug na eiendom
Thursday, 20 August 2009
Beleggers keer terug na eiendom
Beleggers begin nou weer ‘n verskyning in die eiendomsmark maak, wat daarop dui dat die “slim geld” goeie geleenthede in die heersende eiendomsiklus sien.
Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sę daar was die afgelope paar maande merkbaar meer belangstelling onder dié kategorie kopers en dit hou belofte in vir die veelbesproke ommeswaai in die mark in die loop van 2010.
“Toegegee, ‘een swaeltjie maak nie ‘n somer nie’ en ek verwag nie dat groot getalle beleggers/spekulante die mark oornag gaan betree nie,” sę hy.
“Maar aan die ander kant, individue en sindikate het klaarblyklik hulle huiswerk gedoen en betree nou weer die mark - waarskynlik gegrond op die verwagting dat die mark gaan omkeer - en sommige van hulle bou groot portefeuljes in sleuteldele van die land.”
Kotzé sę die sindikate bestaan uit mense met soortgelyke belange, professionele mense, sowel as individue maar daar is nie eintlik ‘n manier om hulle in besliste kategorieë te plaas nie.
Die een gemene deler is egter dat hulle portefeuljes bou met die oog daarop om later ‘n wins te maak, in teenstelling met konvensionele kopers wat deur persoonlike of sakeredes vir eiendomsaankope gestut word.
“Hulle is ook baie meer omsigtig ten opsigte van sowel die soort eiendom wat hulle koop en hulle vermoë om aankope te finansier, net deels te danke aan beperkings op lenings wat op die Nasionale Kredietwet gevolg het.
“Dit lyk dus asof daar nou ‘n nuwe fase van geleidelike sikliese herstel in die mark is wat die fondasie kan lę vir groter balans tussen vraag en aanbod en ‘n tydperk van gesonde, gematigde groei.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|