ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

Bouers se rekords belangrik

Friday, 14 August 2009
Bouers se rekords belangrik


Met die ekonomiese insinking wat sy tol eis en likwidasies van maatskappye laat styg, is dit belangriker as ooit om jou huisbouer se rekord na te gaan.



Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sê waarskuwingsligte begin flikker en wys daarop dat gevalle van wanprestasie en twyfelagtige sakepraktyk al hoe meer dikwels voorkom.



“Ek wil glad nie alle huisbouers onder verdenking plaas nie. Daar is talle uitstekende bou-aannemers in die bedryf wat die heersende moeilike ekonomie deur goeie bestuur die hoof bied en werk van hoë gehalte lewer.

Nogtans verhoog die skaarsheid van werk, laer kontrakpryse, gebrek aan bankkrediet en stygende arbeid- en materiaalpryse die risiko van wanprestasie en swak praktyk en kliënte word dus aangeraai om deeglik te besin en seker te maak hulle gaan kry waarvoor hulle betaal.”



Kotzé wys op ‘n onlangse geval in Oos-Londen waar ‘n bouer daarop aangedring het dat betalings vir ‘n halfvoltooide struktuur vooraf gemaak word – en toe soos ‘n groot speld verdwyn het. Die ongelukkige kliënt moes nog ‘n bedrag bymekaar skraap om die projek te voltooi.



“In moeilike tye het sulke kontrakteurs tipies ‘n hele aantal kontrakte gelyk aan die gang en gebruik betalings vir verskillende projekte om kontantvloei aan die gang te hou totdat die hele kaartehuis inmekaar tuimel.



“Swak beplanning en bestuur is duidelik in baie gevalle en daar is ook tekens dat nuwelinge in die mark, insluitende vakmanne wat deur gevestigde firmas afgelê is, nou op die mark toesak en pryse bied wat ooglopend nie volhoubaar is nie – maar natuurlik ‘n wortel voor die neus van voornemende kliënte is. Die gevolge is voorspelbaar.



“Die enigste oplossing is om jou huiswerk deeglik te doen. Stel eers vas of die bouer ‘n lid van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad is (NHBRC), wat verbruikers teen swak praktyk in die bedryf en verliese beskerm. Jy kan www.nhbrc.org.za besoek en jou bouer se rekord nagaan.



“Hou ook in gedagte dat aanbouing aan huise nie deur die NHBRC gedek word nie. Dit maak dit nog belangriker om die bouer se agtergrond deeglik na te gaan.”



“Wat jy regtig nodig het is getuigskrifte van vorige kliënte – daar is min dinge so gerusstellend – of skrikwekkend – as ander mense se ervaring met ‘n spesifieke kontrakteur. En laastens behoort jy jou eie kredietnavraag oor die kontrakteur (sien www.credithealth.co.za) te doen en ‘n verwysingsbrief van ‘n bank of prokureur te bekom. Dit klink dalk na baie moeite, maar is waarskynlik jou beste finansiële beskerming.



Back To The News Archives
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.