 |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
|
 |
|
Vertroue in beleggingseiendom vlam op
Wednesday, 25 November 2009
Vertroue in beleggingseiendom vlam op
Vertroue in eiendom as ‘n beleggingsbate is besig om vlam te vat, sê eiendomskenners.
Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep, sê dié merkbare tendens is ondermeer te danke aan ietwat beter ekonomiese toestande, laer rentekoerse en groeiende verbruikersvertroue. Belangstelling in eiendom as ‘n belegging het eintlik nooit heeltemal verdwyn nie. Dit was net in hibernasie. Noudat die ekonomie beter begin lyk, tree dit weer na vore.”
Hy sê voorts dat die reëls terselfdertyd verander het en kieskeurigheid en omsigtigheid beslis belangrik is. Die langdurige debat oor eiendom teenoor ander bateklasse het ook weer opgevlam, en dit is simptomaties van die groot verandering in die heersende markbeskouing.
“Ons mening is dat hoewel almal ten minste een huis moet besit, is bykomende eiendomme waarskynlik weer relevant as deel van ‘n algemene beleggingsportefeulje wat ook ander bates insluit.
“Die pluspunte wat tradisioneel met belegging in wooneiendom verband hou, bly steeds geldig. Dit bied eenvoudige persoonlike beheer, daar is geen balansstate of jaarvergaderings nie en beleggers hoef nie op die kundigheid van direksies en die maatskappye wat hulle beheer te steun nie.
“Jy kan jou eie huurder kies. Jy kan self besluit hoeveel – of hoe min – jy aan ‘n eiendom wil bestee en die belastingstelsel bevoordeel jou belegging deurdat jou kapitale wins – die groei in die waarde - van ‘n bykomende (beleggings)eiendom teenoor jou primêre woning minimaal teen ‘n effektiewe 10% belas word.
“En volgens syfers wat deur Absa verskaf is, het eiendom die afgelope twee dekades ander bates - insluitende aandele, goud en vaste deposito’s - uitgestof. Dit dui op ‘n konsekwente groeipatroon ondanks insinkings soos wat ons pas beleef het.
“In eenvoudige taal beteken dit dat eiendom steeds waarde hou mits die belegger of eienaar besef dat dit ‘n medium- tot langtermynbelegging is en nie ‘n mark vir spekulasie nie.
“Dis hoe lank jy in die mark bly, nie wanneer jy koop nie, wat belangrik is, soos die ou spreekwoord sê. Maar ongeag dié stukkie wysheid, moet ek byvoeg dat die mark beslis tekens van verbetering toon en dat dit straks nou ‘n baie gunstige tyd is om weer na eiendom te kyk, ongeag of dit vie eie gebruik of net vir suiwer beleggingsdoeleindes is.”
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
 |
South Africa |
Eastern Cape |
Free State |
Garden Route |
Gauteng |
Kwazulu Natal |
Limpopo |
Mpumalanga |
North West |
Northern Cape |
Western Cape
Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions
© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.
|