ERA Real Estate

Home | Group | Services | Advice | Training | News | Contact us | On show | Sitemap | Search

ERA Real Estate
ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Quick search ERA
ERA Keyword ERA
ERA Ref # ERA
Property Type:
Price: to
Area:

advanced search Property Search

ERA Real Estate ERA Real Estate
ERA Real Estate
E-Mail:
Password:

Register |
ERA Real Estate Agriculture Game Farms ERA Real Estate Offices ERA Real Estate International Offices ERA Real Estate International Properties ERA Real Estate Follow Us On
ERA Real Estate
Facebook Twitter YouTube
Property frame

ERA beoog ‘meer aksie’ vir slim verbruikers

Tuesday, 29 June 2010
ERA beoog ‘meer aksie’ vir slim verbruikers


Die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep verwag sterk groei in die nabye toekoms, gegrond op ‘n nuwe strategie wat by die multi-nasionale ERA-groep se onlangse sakekonferensie in Amerika onthul is.



Die kern van die nuwe strategie is ‘n besef dat die węreld se eiendomsmarkte ‘n algehele gedaanteverwisseling ondergaan het en dat die hedendaagse verbruiker meer kennis het en meer in eiendomstransaksies verwag.



In sy toespraak by die onlangse ERA Suid-Afrika nasionale toekenningseremonie het uitvoerende hoof Gerhard Kotzé daarop gewys dat navorsing in Amerika ‘n sistematiese verandering in verbruikers se koopmetodes toon. “Hulle is altyd op die net ingeskakel en het talle aanlyn bronne van inligting. Gevolglik verwag hulle nie rou data van hulle eiendomsagente nie aangesien hulle dit self kan bekom. Hulle verwag eerder dieper kundigheid.



“Gevolglik is ons nou daarop gerig om ‘n groep makelaars en agente te skep wat slimmer te werk gaan deur samewerking, deel van kennis en die lewering van waarde in elke stap van die huiskoop proses – dus die beter aanwending van ons breër gemeenskap eiendomsmakelaars en –agente tot voordeel van verbruikers.”



Die boodskap aan verbruikers, sę Kotzé, is dat ERA Suid-Afrika ‘n beleid gaan volg van “’n bietjie minder praatjies en baie meer aksie”. In dié opsig het ERA ‘n nuwe aanlyn verkoopstelsel en aanlyn program vir die bestuur van kliënteverhoudinge, sowel as ander innoverings, bekend gestel.



Die maatskappy verwag aansienlike groei oor die volgende 18 maande danksy dié nuwe inisiatiewe en die opgehoopte vraag in die herstellende mark.



Standard Bank se direkteur van huislenings, Funeka Ntombela, wat die gehoor by die toekenningseremonie toegespreek het, het gesę die eiendomsmark is beslis besig om te herstel en dat die bank vanjaar markgroei van 5%, 7% volgende jaar en 10% in 2012 verwag. Sy het egter ook gesę dat die meer omsigtige benadering tot krediet in plek gaan bly en dat die tyd vir “goedkoop” geld verby is.



“Die reëls van die spel het verander en riskobepaling is van sleutelbelang vir banke wat huislenings toestaan.”



Back to News Headlines
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
Property frame
ERA Real Estate ERA Real Estate

South Africa | Eastern Cape | Free State | Garden Route | Gauteng | Kwazulu Natal | Limpopo | Mpumalanga |
North West | Northern Cape | Western Cape

Terms & Conditions in respect of Copyright, Trademarks & Restrictions

© ERA South Africa (Pty) Ltd. All rights reserved.